KIMBERLEY – Daar het glo Maandagoggend omstreeks 03:00 ’n brand by die gewilde Hamburger House in Beaconsfield, Kimberley uitgebreek.
Carla Koortzen, mede-eienaar van Hamburger House, sê die besigheid se deure is vir eers gesluit. Die area is afgesper en die polisie is besig met ’n ondersoek om agter die kap van die byl te kom.





