Bill Gates se virus-voorspelling in 2015

Deel hierdie storie / Share this story

INTERNASIONAAL – Plasings op sosiale media beweer Bill Gates, die stigter van Microsoft, het al so vroeg as 2015 ’n pandemie voorspel. In die lig van die Covid-19-uitbraak, het ’n TED talk video weer begin sirkuleer waarin Gates ’n virus-uitbraak voorspel.

“As jy nie voorbereid is nie, kan hierdie uitbraak dramaties meer verwoestend as die Ebola-uitbraak van 2014 wees,” sê Gates in die video.

Gates noem nie spesifiek die koronavirus nie, maar verwys na ’n toekomstige patogeen wat waarskynlik ’n virus is.

Gates se praatjie het op die potensiële uitbraak van ’n epidemie en nie ’n pandemie nie, gefokus.

Volgens Gates is die wêreld nou beter toegerus, weens tegnologiese ontwikkeling, om pandemies te oorkom as wat dit tydens die 1918-grieppandemie was.

“Die wêreld moet voorberei op hierdie virus-uitbraak soos dit vir oorlog sou voorberei,” sê Gates in die video.

Bron: USA Today

Foto: TED talk