In ‘n onseker tyd in ons land en stad, is daar baie gerugte wat versprei word.
By FiND iT het ons kanale wat gevolg word, onderskryf deur die Suid-Afrikaanse perskode.
Daarom neem ons artikels wat die koronavirus betref bietjie langer. Alles moet geverifieer word. Ons kan nie werk op ‘n stemboodskap of selfs op ‘n persoon se direkte inligting nie. Elke aspek moet deur die departement van gesondheid verifieer word en dit is die inligting wat ons gebruik.
Ek kry daagliks verskeie mense wat my vra is iets waar, het ons al gehoor en stories wat aangestuur word.
Fopnuus het die vermoë om paniek te saai en vrees aan te wakker.
Fokus in die tyd op die positiewe. FiND iT is hier om die ware gebeure deur te gee. Jy kan ons nuus vertrou en as jy ‘n probleem het met enige nuusberigte, kontak my asseblief persoonlik by [email protected].
Wees veilig. – Jana Grobbelaar, redakteur, FiND iT



