KIMBERLEY – Pizza-liefhebbers regoor die land en in dié stad was geskok nadat 55 Domino’s Pizza-takke oornag hulle deure gesluit het.
Dit volg nadat Taste Holdings, die beheermaatskappy van die kettingwinkel, gelikwideer is toe dit nie ’n koper vir Domino’s Pizza-lisensie kon kry nie, berig The South African.
Meer as 770 werkers word geaffekteer. Net 16 takke se deure gaan voorlopig oop bly.
Volgens The South African het Taste Holdings in November 2019 gesê hulle het nie tot genoeg kettingwinkels uitgebrei om die nodig teikenwins te kon bereik nie.
Oorspronklik is daar beplan om tot soveel as 280 Domino-winkels te vestig. Die bestuur het egter geskat dat meer as R700 miljoen nodig sou wees om ’n positiewe kontantvloei te bewerkstellig.




