KIMBERLEY –Inwoners van wyk 25 in Kimberley gaan binnekort spekboomsteggies plant om aardverwarming te verminder.
Ockert Fourie, DA-raadslid van wyk 25, sê hy het ’n groot aantal steggies gekry wat aan inwoners in sy wyk uitgedeel gaan word.
Hy sê dit is ‘n wonderlike geharde plant wat min water nodig het en baie koolstofdioksied uit die lug verwyder en dit in suurstof omskep.
Dit groei maklik en maak ’n pragtige plant. As dit groot genoeg is, maak sommiges lieflike pienk blomme waarvan die bye hou.
“My innige dank aan Excell Catering Equipment vir die groot hoeveelheid spekboomsteggies wat aan my geskenk is vir verspreiding aan inwoners van wyk 25 om ‘n bydrae te lewer tot die bekamping van aardverwarming,” sê Fourie.



