Gevalle van Covid-19 na verwagting vandag 200

Deel hierdie storie / Share this story

Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het gisteraand op sy Twitter-profiel aangekondig die gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika sal na verwagting vandag tot 200 styg.

Dr. Mkhize het ook aangekondig dat die regering se webtuiste oor Covid-19 nou gratis beskikbaar is. Persone met SIM-kaarte sonder enige lugtyd of data kan nou ook op die webtuiste na die nuutste getalle en verwikkelinge in Suid-Afrika kyk.