KIMBERLEY – Hoe voel jy ook straathandelaars en ken jy die bywet op straatverkope?
Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê handeldryf in strate was nog altyd deur bywette gereguleer.
Hy sê daar is diegene wat die bywet oortree, maar aksie word teen hulle geneem. Matsie sê vir meer inligting kan die bywet op die munisipaliteit se webwerf gevind word.
Volgens die bywet op straathandel mag geen persoon sonder geskrewe toestemming van die munisipaliteit in enige straat handeldryf nie. Daar is ’n koste vir ’n permit en dit moet elke twaalf maande hernu word.
Straathadelaars mag slegs tussen 08:00 en 18:00 in aangewese strate en persele handeldryf.
Straathandelaars mag nie met bestaande besighede kompeteer, deur soortgelyke produkte te verkoop nie.
Van handelaars word ook vereis om hulle gebied netjies en skoon te hou. Volgens die bywet word werkgewers van straathandelaars vir hulle werkers verantwoordelik gehou.
Straathandelaars mag ook nie oop vure maak nie.
FiND iT het Matsie gevra of straathandelaars in Memorialweg spesiale toestemming van die munisipaliteit ontvang het, aangesien dié straat nie in die bywet vir straathandel aangewys word nie, maar het nie betyds vir publikasie terugvoer ontvang nie.
Gebiede vir straathandel aangewys:
- Markplein
- John Dakastraat
- Royalstraat
- Galeshewestraat
- Adam Nomakolastraat
- Dingaanstraat
- Montshiwastraat
- Morganstraat
- Ramatshelastraat
- Seochoarengstraat
- Selekestraat
- Nobengulastraat
- Thabo Modupestraat
- Hulanastraat
- 191de-straat
- Dutch Reformedstraat
- Ravenstraat
- Starlingstraat
- Barklystraat
- Greenstraat
- Mainstraat
- Centralstraat
- Recreationstraat
- Leratong Park
- Transit Camp
- St Johnstraat
- President Mangopestraat
- Amakhuzanestraat
- Phillip Mpiwastraat
- Bitseonestraat
- Eaglestraat
- Thandiwe Thompsonstraat
- Phakedistraat
- Seditistraat
- Moshoeshoestraat
- Corless Avenue
- Cecil Sussrnanstraat
- Transvaalstraat
- Schmidtsdriftstraat
- Bottlebrushstraat
- Broadwaystraat
- Hullstraat
- Motshwedimosa
- Riverton
- Platfontein
Aangewese gebiede met afgebakende persele vir staanplek vir straathandel:
- Stockdale-taxistaanplek
- Markplein-taxistaanplek
- Cravenstraat-taxistaanplek
- Vergenoeg-taxistaanplek (nr. 5)
- Rietvale
- Motshwedimosa
Verdere verantwoordelikhede word deur die bywet vereis. Sien die volledige bywet hier:



