KIMBERLEY – ’n Toyota Hilux-bakkie en Fidelity transito-voertuig was omstreeks 10:45 in ’n kop-aan-kop botsing op die N8 ongeveer 15 km buite Kimberley ná Schmidtsdrift betrokke.
Nooddienste is op die toneel. Een persoon is na bewering oorlede en drie ander het beserings opgedoen.
Volgens FiND iT se verslaggewer op die toneel is daar ’n baie lang ry voertuie wat wag vir die pad om oop gemaak te word.



