KIMBERLEY – Renee Cross, inwoner van Kimberley, se hondjie wat gister 18 Maart vermis geraak het, is ongeveer 09:00 vanoggend by ’n meenthuiskompleks in Royldene gevind. Die persoon wat vir Juli gevind het, het volgens Cross die DBV in Kimberley gekontak om die hondjie te gaan haal.
“Ek is so trots om ’n Kimberliet te wees. Dankie vir almal se hulp, saamstaan en omgee. Dankie aan die persoon wat die DBV gekontak het en ook aan die DBV wat haar vinnig opgetel en versorg het,” sê Cross.



