Vullis blok kanaal en maak pad by skool onbegaanbaar

Deel hierdie storie / Share this story

WARRENTON – ’n Pad naby Warrenvale Gekombineerde Skool is onbegaanbaar na die storm omdat inwoners glo die kanaal met afval geblokkeer het.

’n Inwoner van Warrenton wat by sy bynaam, Oompie Dirk, bekend is, sê die reënwater dam in die strate op omdat die stormwatersloot verstop is.

Hy sê die gemeenskapwerkprogram (CWP) probeer daar skoonmaak, maar hulle beskik nie oor die nodige hulpbronne om die hoeveelheid vullis te verwyder nie.

Inwoners gebruik die kanaal as ’n asdrom. Nou is die pad onbegaanbaar, sê hy.