Kimberliet vra vir kalmte tydens die koronaviruspandemie

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Terwyl sommige mense paniekaankope maak, vra ’n vrou van Kimberley vir kalmte te midde van die paniek oor die koronaviruspandemie.  

FiND iT gesels met Sanet van Jaarsveld, ’n inwoner van Kimberley. Sy moedig mense aan om kalm te bly. 

Dit volg nadat ’n persoon ’n ander in ’n stemboodskap daarvan beskuldig dat ’n Chinese burger die koronavirus het.

Wat het jou die meeste oor die stemboodskap ontstel?

Van Jaarsveld sê: “Ek was ontsteld oor haar bewoording. Eerstens. Hoe weet sy hoeveel van daardie mense MIV het? Tweedens. Hoe weet sy dat die Chinese mense besmet is? Wanneer is dit bevestig en deur wie? Derdens. Ons is almal mense praat van mense, nie “hordes” nie. Dis vir my persoonlik ’n skending van menseregte. Ek was baie ontsteld oor haar bewerings en het nie eers haar boodskap klaar geluister nie.” 

Dink jy Kimberley is gereed om die koronavirus te hanteer?

“Ek is nie seker nie. Te oordeel aan die eerste Chinese burger wat in Greenpoint gekry was. Geen ambulans wou uitgaan nie omdat die polisie volgens die stemboodskap nie opgelei is om sulke gevalle te hanteer nie. Ek glo nie Kimberley is gereed nie.”

Hoe voel jy oor die paniekaankope?

“Ek voel as hul so baie geld het, moet hul asseblief vir ons armes ook koop sodat ons asseblief nie honger sal gaan slaap nie. Nee, ek grap net. Mense gaan absoluut oorboord. Ja dit is ’n realiteit, maar ons dien ’n lewende God so waarvoor moet ons vrees? Ons wat nie die fondse het om rakke leeg te gaan koop nie hoop, glo en vertrou dat daar teen die einde van die maand, wanneer ons salaris kry, nog vir ons iets oor sal wees.”

Die stemboodskap waarteen Van Jaarsveld haar uitgespreek het:

[archiveorg whatsappaudio20200318at11.03.59 width=640 height=30 frameborder=0 webkitallowfullscreen=true mozallowfullscreen=true]

Van Jaarsveld se terugvoer oor die vorige stemboodskap:

[archiveorg whatsappaudio20200318at08.55.21 width=640 height=30 frameborder=0 webkitallowfullscreen=true mozallowfullscreen=true]