KIMBERLEY – ’n Saak waar agt verdagtes aangekla word van moord, is vandag in die Kimberley hooggeregshof uitgestel. Die saak is uitgestel weens wanbetaling vanaf Legal-Aid aan regsverteenwoordigers.
Volgens Kenny Pretorius, ’n regsverteenwoordiger in die moordsaak, het hy vanaf laas jaar nog geen betaling vanaf Legal-Aid vir vervoer, akkommodasie en voedsel ontvang nie. Pretorius het menige eise vir die kostes ingedien, maar het geen terugvoering gekry nie.
Op die 16de Maart 2020 is dit deur Legal-Aid bekend gemaak die probleem is ’n tegniese probleem en sal ’n wyle neem om uit te sorteer.
Pretorius het vandag tydens die verhoor ’n dringende aansoek om uitstel gedoen. Pretorius meen hy kan nie meer al die kostes dra nie. Hy is nie van Kimberley nie en moet uit sy eie sak betaal om die hofdatums by te woon.
Saam met Pretorius was drie ander regsverteenwoordigers wat ook deur dieselfde situasie geaffekteer word. Pretorius blyk die situasie is nie net vir Kimberley van toepassing nie, maar dat regsverteenwoordigers in ander dorpe met dieselfde probleme sit.
Die saak is uitgestel tot môre vir mnr. Ntlisane, provinsiale hoof van Legal-Aid, om sy kant van die saak te stel. FiND iT was onsuksesvol om die woordvoerder van Legal-Aid in die hande te kry.
FiND iT sal môre die hofverrigtinge bywoon.



