POSTMASBURG – Die driejarige seuntjie wat vroeër vandag (18 Maart) op Postmasburg vermis geraak het, is gevind.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die seuntjie is in die veld onder ’n boom deur die Noord-Kaapse soek-en-reddingseenheid van die polisie gevind. Hy is veilig aan sy ouers terugbesorg.



