NOORD-KAAP – Epizootiese ulkus-sindroom (EUS) is by katvis by ’n akwakultuurprojek op die Vaal-rivierstelsel aangeteken.
Zandisile Luphahla, woordvoerder van die departement van landbou, sê katvis met erge velletsels is by ’n akwakultuurprojek in die provinsie gesien.
Monsters is van drie visse geneem. Die PCR-resultate het die aanwesigheid van Afanomyces aangedui. Dit is die organisme wat tot EUS lei. Daar word nog gewag vir die resultate van genetiese toetse, sê Luphahla.
Dit is die eerste rekord van EUS in die Noord-Kaapse deel van die Vaal-rivierstelsel. Die siektetoestand is onder beheer, aangesien dit ’n geïsoleerde akwakultuurprojek is en dit word deur ’n provinsiale veearts bestuur.
Volgens die Kormorant is die siekte by Hartbeespoortdam aangeteken.



