Toestand van pad maak inwoners moedeloos

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Deur hoeveel slaggate ry jy daagliks van jou huis af? Is jy ook al moeg daarvoor om na die teerpad te mik? Kan jy tel hoeveel slaggate daar in jou straat is?

Cleo de Bruin, ’n Kimberliet wat in Homelite tuisgaan, het gister op Kimberley Infrastructure se Facebook-blad foto’s van die haglike toestand van die pad waarvan sy daagliks gebruikmaak opgesit.

“Dit is nou die pad hier in Salmonstraat,” sê De Bruin.

De Bruin vra in haar Facebook-plasing waar die belastingbetalers se geld heengaan as paaie so lyk?

Kimberliet, hoe lyk die pad waarop jy daagliks moet ry?