KAAPSTAD – Die Laerskool Grove in Claremont in Kaapstad sluit vandag 17 Maart om 11:00 ná een van die ouers van ’n leerling in die skool positief vir Covid-19 getoets het, berig Netwerk24.
’n Brief wat deur die laerskool se skoolhoof onderteken is maak bekend dat die ouer Woensdagoggend by ’n musiekkonsert op die skoolgronde was.
Die skool het volgens Netwerk24 met die Wes-Kaapse onderwysdepartement geskakel om die skool ’n dag vroeër as die ander skole in die land te sluit.



