Elmarie Prinsloo, die hoof uitvoerende beampte van die jaarlikse Bloemskou het op 16 Maart ‘n persverklaring uitgereik wat bekendgemaak het die jaarlikse Bloemfonteinse skou word gekanselleer.
Die nasionale kommissaris van die polisie het na president Cyril Ramaphosa se toespraak oor die korona-pandemie die toestemming vir geleenthede om voort te gaan, onttrek. Die bestuur van die Bloemskou het geen ander keuse gehad as om die skou af te stel nie. Die Bloemskou sou van 25 Maart tot 2 Mei in Bloemfontein plaasvind.
“Ons vertrou dat alle belanghebbendes, uitstallers, kunstenaars, borge, lede van die landbougemeenskap en lede van die publiek die situasie sal verstaan,” sê Prinsloo.



