KIMBERLEY – Inwoners in Bartleplek en Newtonstraat in Beaconsfield moet rioolwater aandurf om by hulle huise in te kom wanneer daar ‘n storm was.
Ockert Fourie, DA-raadslid van wyk 25, sê dit is voortdurend ’n probleem. Elke slag as dit so erg gereën het oorspoel die erwe met rou riool.
Fourie sê die probleem is dat die mangatdeksels by sommige erwe in die straat verwyder is. Die stormwater beland in die rioolstelsel en kan eenvoudig nie daardie kapasiteit dra nie, verduidelik hy.
Volgens Fourie het sanitasiewerkers op verskeie kere uitgekom om die probleem op te klaar, maar ’n permanente oplossing vir die probleem is nog nie gevind nie.
’n Inwoner het foto’s en ’n video van die probleem aan FiND iT gestuur.






