Jamie Barthus (27) en Shakir ChuQy (29) van Kaapstad is as Brand Ambassadors vir toerisme in die Noord-Kaap aangestel. Dié twee, met die hulp van Waanie Sixtnine, Northern Cape Tourism Authority en Northern Cape Motorsport Association is besig om ‘n Noord-Kaapse toer vir toeriste te beplan.
Barthus gesels met FiND iT oor wat hulle alles doen.
“Ons toer die Noord-Kaap vol, doen live optredes en probeer almal in die Noord-Kaap net bymekaarkry vir ‘n lekker jol!”
Bartus se hulle wil graag vir die wêreld daarbuite wys hoe die Noord-Kaap skitter en mense aanmoedig om hier in die Noord-Kaap te kom vakansie hou.
Kyk hierdie cool video wat die twee van Kimberley gemaak het.



