Khawuleza-uitreikprogram uitgestel

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die Khawuleza-burgemeestersuitreikprogram is voorlopig uitgestel. 

Patrick Mabilo, die uitvoerende burgemeester van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê dié program wat in Januarie 2020 begin is, wat teen einde Maart 2020 af gehandel sou wees, is tot verdere kennisgewing uitgestel.

Die uitstel volg na aankondiging van die koronavirusplan, wat vergaderings van meer as 100 mense verbied.

Nuwe datums en tye sal betyds gekommunikeer word, sluit Mabilo af.