Wiele van motor afgesteel

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Inwoner van Broadwaystraat in Beaconsfield is sonder vervoer nadat verdagtes Saterdagaand laat die wiele van sy voertuig gesteel het.

Die inwoner sê die boewe het tussen 01:00 en 03:00 Sondagoggend toegeslaan. Sy buurvrou het ’n selfoonlig by sy voertuig gesien in hom in kennis gestel.

Die polisie is ontbied en daar is glo vingerafdrukke op die voertuig gekry.

Die inwoner, wat ’n pensionaris is, sê die diewe het nie eers die wielmoere agtergelaat nie. Hy gaan dit ook moet vervang, sê hy. 

Die gemeenskap word gemaan om op die uitkyk te wees vir enigeen wat die bande probeer verkoop.

Die ondersoek duur voort.