POS BESKIKBAAR: Beampte: Kwaliteitskontrole en Versekering (Pakhuis)

Deel hierdie storie / Share this story

Wildeklawer,een van die groot besproeiingsboerdery in SA, beskik tans oor die volgende pos: 

Beampte: Kwaliteitskontrole en Versekering (Pakhuis)

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelikheid neem vir:

  • Daarstel en deurlopende bestuur van die kwaliteitprosedures, standaarde en spesifikasies.
  • Toepassing van IS0 2200 voedselveiligheidstandaarde in die pakhuis en die deurlopende dokumentering daarvan
  • Verseker dat kwaliteitskontrole en versekering deurlopend op produkte uitgeoefen en toegepas word.
  • Bestuur van toepaslike kwaliteitspersoneel.

Vereistes:

  • ‘n Toepaslike graad in Voedseltegnologie/Mikrobiologie.
  • Ten minste 5 jaar toepaslike ondervinding in ‘n soortgelyke pos, met die nodige praktiese ondervinding en blootstelling in beide gesondheid en veiligheid.

Vergoeding: ‘n Mededingende vergoedingspakket, gemeet aan kwalifikasies en ondervinding en gerugsteun deur aantreklike byvoordele.

Stuur volledige CV aan:  [email protected]
Sluitingsdatum:  27/03/2020
Navrae: Juandre Brand: 053 531 9725