Drie maande oue babaseun gevind

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG – Die drie maande oue babaseun wat Vrydag 13 Maart in ‘n kliniek in Mamelodi vermis geraak het, is gevind.

Volgens a.o. Mhlanga is die baba vermoedelik om 23:00 gisteraand deur ‘n paartjie langs die Universiteit van Pretoria opgetel. Die baba is langs verkeersligte op die stortingsterrein raakgesien.

Die paartjie het die baba na die polisiestasie in Mamelodi-Oos geneem, waarna hy na die Mamelodi-Wes polisiestasie geneem is. Sy ouers is gekontak en hulle het die baba as hul eie identifiseer.

Die kinderbeskermingseenheid het die baba na die hospitaal geneem om die nodige toetse te doen en het gevind dat hy gesond is. Hy is aan sy ouers terugbesorg.

Die polisie is tans op soek na die babaseun se ontvoerder(s). As jy enigiets weet wat kan lei tot die inhegtenisneming van die skuldiges, kontak vir a.o. Mhlanga by 079 890 7955.