Die NG Kerk Vooruitsig in Kimberley se wildsveiling is ’n gereelde instelling op hulle jaarlikse program.
Die 2020-wildsveiling word op 8 April by Horseshoe gehou. Dié veiling sorg vir iets van alles! Jagtogte vir biltongjagters, wildkarkasse vir die fynproewers, skape, beeste en allerlei unieke items wat jy net by ’n wildsveiling soos dié kan kry.
Weeklikse bedienings by Acasia- en Stillerweë-tehuise, borge vir sommige bejaardes se behuising en die opmaak van kospakkies vir minderbevoorregtes word deur die wildsveiling befonds. Die wildsveiling is dus ’n belangrike bron van inkomste vir die gemeente.
Die wildsveiling van 2020 beloof om weereens ’n onvergeetlike geleentheid te wees.



