Korona: ATKV-projekte ook gekanselleer

Deel hierdie storie / Share this story

Gerrie Lemmer, die uitvoerende hoof van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging het op Maandag 16 Maart ’n brief uitgereik waarin hulle bekendmaak dat sommige ATKV-jeugprojekte gekanselleer word. Dit volg ná president Cyril Ramaphosa se toespraak oor die bekamping van die koronavirus.

Die ATKV – Redenaarskompetisie, Debatskompetisie, Applous, kursusse van ATKV-Tienertoneel, Jeugberaad by ATKV-Klein-Kariba, -Buffelspoort, -Goudini Spa en die Rieldanskompetisie word alles gekanselleer.

Volgens die brief sal die onderstaande projekte voortgaan, afhangende van die korona-situasie in Suid-Afrika.

ATKV – Tjokkertoneel, Jeugleiersimposium, Spelathon, Spanredenaars, Entrepeneurs, Tienertoneel, Leierskapsontwikkeling, Afrikaans olimpiade, -kursusse/slypskole en werkswinkels van ATKV-Redenaars, Debat, Applous en Rieldans.

Inskrywingsfooie wat in 2020 betaal is, word na 2021 oorgedra. Alternatiewe reëlings kan met die ATKV-projekorganiseerder getref word.