August 4, 2021

Dam in straat by skool gevaarlik

KIMBERLEY – Motoriste en voetgangers is in gevaar weens water wat by Laerskool Du Toitspan in Herculesstraat opdam.

Die oortollige water maak dit byna onbegaanbaar vir voetgangers. Motoriste vat ook kanse om daardeur te jaag. 

Ockert Fourie, DA-raadslid van wyk 25, sê die oorsprong van die dam is die waterlekkasie op die hoek van Carringtonstraat en Sentraalweg. Dit stroom tot in Nelsonstraat in die stormwaterstelsel af. 

Fourie sê vandaar af loop dit deur die stelsel tot by Devenishstraat, waar dit weens ’n blokkasie nie afgevoer word nie, maar dam op en stroom tot in Herculesstraat.

Die probleem is by die munisipaliteit aangemeld, sê hy.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *