Betogers voor polisiekantoor

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Vanoggend omstreeks 10:15 het ’n groep betogers met hul oorpakke en plakkate voor die polisiekantoor in Bultfonteinstraat saamgedrom.

Die betogers het hul plakkate omhoog gehou vir die polisie om te sien waaroor hulle ongelukkig is.

Op van die plakkate lui: “Onwettige delwers moedig slawerny aan,” en “Polisie, waar is julle?”

Die betoging was vreedsaam en die betogers het binne enkele minute ontruim.