Weet jy nie wat jy met jou kinders gaan doen hierdie vakansie nie? Hier is ’n maklik en vinnige resep vir verf. Hierdie verf is ook veilig sou jou kind dit per toeval probeer eet.
Bestanddele:
- ¼ koppie sout
- ½ koppie meel
- ½ water
- Voedselkleursel van jou keuse
Metode:
- Meng die meel en sout in ’n bak.
- Meng ’n paar druppels voedselkleursel met die water.
- Meng die gekleurde water met die meelmengsel.
- Meng baie goed totdat daar geen klonte is nie.
Jy kan meer of minder water byvoeg, afhangend van hoe dik jy die verf wil hê. Hou dit in die yskas vir tot en met ses maande.



