11 redes waarom jy broccoli moet eet

Deel hierdie storie / Share this story

Gesondheid is almal se eerste prioriteit, veral nou waar die wêreld weer deur ’n pandemie geteiken word.

Hier is 11 redes waarom jy broccoli moet eet:

1. Kankervoorkoming: Broccoli, soos blomkool, Brusselse spruite en kool help om kanker te bestry en versterk immuniteit.  

2. Afname in cholesterol: Soos baie veselryke kosse, is broccoli propvol oplosbare vesel wat cholesterol verminder.

3. Dit verminder allergiese reaksie en ontsteking.

4. Kragtige antioksidante: Broccoli bevat antioksidante wat die liggaam op verskillende maniere kan help.

5. Beengesondheid: Broccoli bevat hoë vlakke van kalsium en vitamien K, wat beide belangrik is vir beengesondheid en voorkoming van osteoporose.

6. Hartsgesondheid: Die anti-inflammatoriese eienskappe van broccoli kan moontlik skade aan bloedvate wat deur chroniese inflammasie veroorsaak word, voorkom.

7. Dieethulp: Broccoli is ’n goeie koolhidraat en bevat baie vesel, wat vertering help, hardlywigheid voorkom en lae bloedsuiker behou.

8. Ideaal vir ontgifting: Aangesien broccoli ryk aan vesel is, kan dit help om van gifstowwe in die spysverteringskanaal ontslae te raak.

9. Velversorging: Broccoli stimuleer die vel se immunuteit, laat die vel gloei en verbeter ook immuniteit.  

10. Oogversorging: Broccoli bevat beta-karoteen, vitamien A, fosfor en ander vitamiene soos vit. B-kompleks, vitamien C en E. Dit is alles belangrik om gesonde sig te handhaaf.

11. Teenveroudering: Aangesien broccoli vitamien C, wat talle antioksidante bevat, is dit ideaal vir teenveroudering.

Is daar dalk vanaand broccoli op jou spyskaart?