Babaseun vermis

GAUTENG – Ofentse Nyambiri, inwoner van Pretoria, het op sy Facebook-profiel gevra dat mense op die uitkyk moet wees wees vir die drie maande oue babatjie wat in ’n kliniek in Mamelodi Wes vermis geraak het.

Nyambiri sê sy suster se baba het Vrydag ongeveer 11:30 by die kliniek vermis geraak. Hy weet nie hoe dit gebeur het nie. Die baba is laas gesien in die hande van sy moontlike ontvoerder. Sy het ’n oranje broek en ’n grys hemp aangehad.

As jy miskien iets weet of die baba iewers gesien het, skakel vir Ofentse by 076 368 0724, Marcus by 0769025995, Ouma by 078 156 3198 of Tshepo 079 579 5442.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *