Eskom se geheime kragonderbrekings

GAUTENG – Bo en behalwe vir beurtkrag implementeer Eskom addisionele kragonderbrekings na sekere gebiede om die las wat onwettige verbruikers op die kragnetwerk plaas, te verminder.

Dit volg na ’n klag deur ’n leser van MyBroadband, dat hulle buite die beplande beurtkragskedule kragonderbrekings kry.

Die inwoner sê inwoners van Midvaal, Drumblade en Walkerville het gereeld onderbrekings wanneer hulle buurt nie vir beurtkrag geskeduleer is nie.

Eskom het aan MyBroadband gesê dat hierdie kragonderbrekings opsetlik is en nie deel van beurtkrag is nie.

“Dit is nie beurtkrag nie, maar eerder ’n inisiatief om ons bates gedurende spitstye, teen die druk wat deur onwettige verbruikers op die netwerk geplaas word, te beskerm,” sê Eskom.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *