KIMBERLEY – Zurina Karsten, Adriaan (19) se ma, sê haar seun het haar so 10 minute terug gebel om te sê hy is veilig in Durban. Sy sê hy het ’n kontrak by ’n platemaatskappy gekry wat hy nie van die hand kon wys nie.
“Hy het ons nie gesê dat hy Durban toe gaan nie, want hy was bang ons sou hom keer. Dis baie onverantwoordelik wat hy gedoen het, maar ons is dankbaar hy is veilig.”



