Maak jou reg vir ‘n musiekfees met skop!
Ses kunstenaars gaan op een verhoog optree dié naweek by die Bikibos Musiekfees in Kimberley. Juan Boucher, Dirk van der Westhuizen, Heidi, Arno Jordaan, Jan Rhaap en Kerry Lee is deel van die naweek se musiekfees. Die fees word net buite Kimberley by Bella Cardi Wedding Venue gehou.
Daar gaan ‘n verskeidenheid kosstalletjies, stalletjies propvol vermaak vir jou kinders én ‘n kontantkroeg beskikbaar wees.
Die hekke open om 14:00. Die verrigtinge begin om 15:00 en hou aan tot laat. Daar sal na al die optredes in die saal gedans word.
Daar is net ‘n beperkte aantal tafels beskikbaar, so bring vir jou ‘n kampstoel of ‘n kombers saam.
Let net op die volgende paar reëls:
Geen koelbokse word toegelaat nie, geen persoon onder die ouderdom van 18 word sonder ‘n ouer of voog toegelaat nie en alkohol sal nie aan persone onder die ouderdom 18 verkoop word nie.
Besoek www.kimberleyevents.co.za en bespreek nou jou kaartjie as jy nog nie het nie.



