KIMBERLEY – Laerskool Staats het gister die Staats-Ntlo Renostertjie-aand by Laerskool Staatspresident Swart gehou.
Laerskole van Hopetown, Douglas, Jacobsdal en Kimberley het aan hierdie Renostertjie-aand deelgeneem. Daar was netbalspanne wat ook deel was van hierdie sportdag.
Dawie Niemann, mede-afrigter van Laerskool Eureka se o/7-rugbyspan, sê hy is baie trots op sy spanne.
Niemann sê die rugbyspanne van Laerskool Eureka het baie goed gevaar. “Hulle het hard geoefen en die wedstryde vreeslik geniet.”
Volgens Niemann was dit ‘n baie goed geörganiseerde geleentheid. Hy sê die reën het die aand ‘n bietjie bederf, maar die seuns het tog hulle beste gelewer.





