KIMBERLEY – Adriaan Karsten (19) het glo op 10 Maart op ’n bus na Durban geklim. Hy het sy ma gevra of hy by ’n vriend kan gaan speletjies speel, waarna hy nie weer teruggekeer het huis toe nie. Sy ma het die volgende oggend agtergekom hy is nie by die huis nie.
Zurina Karsten, Adriaan se ma, sê hulle het die vriend waarna hulle gehoop het hy in Durban sou gaan, gekontak. Die vriend het egter geensins van Adriaan gehoor nie.
“Ek kon my seun nog glad nie in die hande kry nie,” sê Zurina. “Ek weet net hy is in Durban, maar waar in Durban weet ek nie.”
Die soektog is dus steeds aan die gang na die 19-jarige Adriaan Karsten.



