Mpumalanga en Vrystaat ook nou korona-gevalle

Deel hierdie storie / Share this story

Daar is vanoggend 12 Maart amptelik vier nuwe gevalle in Suid-Afrika bevestig.

Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het in ’n persverklaring aangekondig dat die totale aantal persone wat met die virus gediagnoseer is, nou op 17 staan.

Die Suid-Afrikaanse regering het gister bevestig die WGO het die virus-uitbraak as ‘n pandemie verklaar.

“Daar is in die laaste 24 uur nog vier nuwe gevalle bevestig. Die 32-jarige man van die Vrystaat het met ’n Chinese besigheidsman in aanraking gekom. Die persoon van Gauteng is ’n 43- jarige man van Johannesburg wat op 8 Maart van New York na Suid-Afrika gereis het. Die vrou van Mpumalanga het op 8 Maart van die Verenigde State na Suid Afrika gereis. Nog ’n man van Turkye het by sy familie in Suid-Afrika kom kuier op 7 Maart.”

Lees hier hoe jy jouself teen die virus kan beskerm.