Beskerm jou só teen die korona

Deel hierdie storie / Share this story

Kenners by die Covid-2019-simposium het die volgende wenke saamgestel om jouself en jou gesin teen die koronavirus, wat nou amptelik in Suid-Afrika uitgebreek het, te beskerm.

Was gereeld jou hande en jou voorarms deeglik met warm water en seep.

Wanneer jy ‘n masker dra om jouself te beskerm, maak seker jy dra een wat tot teenaan jou vel seël.

Wanneer jy reis, moenie hoes en nies op enigiemand rondom jou in die vliegtuig of op die lughawe nie. Probeer ook om nie toe te laat dat iemand op jou nies of hoes nie.

Gaan dadelik dokter toe sodra jy enige van die korona-simptome toon.

Griepinspuitings is nou baie belangrik. Dokters kan daardeur makliker die virus opspoor.