Zurina Karsten, Adriaan se ma, sê sy kon nog nie haar seun in die hande kry nie.
Adriaan het op 10 Maart vir sy ma gesê hy gaan saam met een van sy vriende speletjies speel en nooit huis toe gekom nie. Dit blyk nou egter asof hy op ’n bus op pad na Durban was.
“’n Polisievrou van die Kimberley SAPD se speurtak het vanoggend van die busdienste gekontak om te hoor of Adriaan miskien op ’n bus geklim het. Sy het my vanoggend laat weet sy kon ‘n afskrif van die Greyhound-buskaartjie waarmee Adriaan gister om 16:45 na Durban gery het, vind.”
Volgens Zurina maak Adriaan in sy vrye tyd musiek. Hy is vermoedelik deur ’n musiekmaatskappy in Durban ’n kontrak aangebied. Sy ouers vermoed hy is miskien daarvoor Durban toe.
Zurina sê Adriaan het ’n vriend in Durban na wie hy miskien kon gaan. Sy is nou op pad na die vriend se pa, wat ook in Kimberley bly.



