DBV waarsku teen donderstorms

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Alle diereliefhebbers weet hoe stresvol en traumaties swaar weer vir dierekinders kan wees. Dit is egter belangrik dat jy seker maak jou diere is veilig wanneer swaar reën of donderstorms losbreek.

Die Suid-Afrikaanse Weerburo het vandag ’n waarskuwing uitgereik vir moontlike ernstige donderstorms in Kimberley.

Die dierebeskermingsvereniging in Kimberley het vanoggend op hulle Facebook-bladsy ’n waarskuwing van donderstorms aan diere-eienaars in die Kimberley-area uitgestuur. “As jy diere het wat bang is vir donderweer, tref asseblief nou voorsorg. Dit is jou verantwoordelikheid om te alle tye vir jou troeteldiere te sorg en te verseker dat hulle veilig is.”