August 4, 2021

SA’ners nou op pad terug van Wuhan

Die SANW-vliegtuig wat die Suid-Afrikaners in China gaan haal, het gisteraand om 21:00 vertrek.

Na die uitbraak van die koronavirus is daar besluit die Suid-Afrikaanse burgers wat in Wuhan gestrand is, moet na Suid-Afrika toe teruggebring word.

Volgens President Cyril Ramaphosa was daar oorspronklik 180 persone wat na Suid-Afrika wou terugkom. Die vliegtuig gaan nou om slegs 122 Suid-Afrikaners te gaan haal.

Dr. Zweli Mkhize en President Cyril Ramaphosa was self by die OR Tambo-lughawe waarvandaan die vliegtuig vertrek het.

Ramaphosa het dit duidelik gemaak dat die span wat uit weermaglede en amptenare van die departement van gesondheid bestaan, nié siek mense in China gaan haal nie. Hy het gesê dis bloot Suid-Afrikaners wat na hul land wil terugkeer.

Die persone wat in Wuhan gehaal word, sal vir hulle eerste 21 dae in Suid-Afrika iewers in kwarantyn gehou word om die moontlike verspreiding van die virus te voorkom.

Foto: CNBC

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *