KIMBERLEY – ‘n Man se lyk is Vrydag 6 Maart by die Kimberley-treinstasie gevind. Die sekuriteitswag wat by die treinstasie werk, het die man aan die brug sien hang en die polisie ontbied.
Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die polisie in Kimberley is besig om die 39-jarige man se dood te ondersoek. Hy sê in hierdie stadium word geen onraad vermoed in verband met sy dood nie. Sy familie van Roodepan het sy lyk gister gaan identifiseer.
Die ondersoek duur voort.



