Mars se magneetveld 10 keer sterker

Deel hierdie storie / Share this story

NASA se InSight-lander het vasgestel dat die magneetveld van die rooi planeet tien maal sterker is as wat wetenskaplikes voorheen gedink het.

Volegens ExtremeTech het vorige sendings na dié planeet bewys dat Mars eens op ’n tyd ’n atmosfeer en vloeibare water gehad het, maar toe het die magneetveld verdwyn.

InSight het laat 2018 op Mars geland en kort daarna die eerste sending geword om seismiese lesings op ’n ander planeet te neem. Dit het ook ’n magnetiese sensor, wat NASA gebruik het om magnetiese steuring in die lesings uit te filtreer. Navorsers het dit egter nou reggekry om die data te gebruik om die planeet se magnetiese beter te skandeer.