Die koronavirus en amper enige ander aansteeklike siektes staan nie ’n kans teen hande was nie, berig Popular Science.
Volgens dié wetenskaplike tydskrif is hande was die sleutel in die geveg teen die koronavirus, terwyl navorsers werk om te verstaan hoe dodelik dit is en hoe dit versprei.
Handewas werk regtig – en nie net tydens die uitbreek van nuwe respiratoriese virusse nie.
Dit help ook om die verspreiding van ’n wye verskeidenheid mikrobes, wat as patogene bekend staan, van siektes soos E.coli te voorkom.
Dit werk deur die verspreiding van siektes te voorkom, of dit nou iemand is wat siek is of iemand is wat probeer om te verhoed om ’n siekte op te doen, berig die tydskrif.



