Mynmaatskappy kry nog ’n permit in NK

Deel hierdie storie / Share this story

PRIESKA – Orion Minerals het ‘n omgewingsmagtiging (EA) vir die ontginning van die Bardacube-bron by sy koper-en-sinkprojek op Prieska in die Noord-Kaap gekry.

Volgens Mining Weekly sluit die uitbreiding van die permit die suidoostelike staking van die Prieska-ertsliggaam in.

Die permit verteenwoordig ’n belangrike stap vir die ontwikkeling van die Prieska-projek. Dit wys die weg vir die begin van konstruksie, se Errol Smart, hoof uitvoerende beampte en besturende direkteur van Orion Minerals.

Die projek van R6 biljoen sal na verwagting 2.4 miljoen ton per jaar handhaaf, wat 189 000 ton koper en 580 000 ton sink in die eerste tien jaar sal produseer.

Lees ons vorige berig, Merkwaardige koperneerslag in Prieska ontdek.