Carters Glen: een straat, ses waterlekkasies

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Carters Glen is een van dáárdie buurte in Kimberley. Daar waar jy en jou gesin nog met jul honde kan gaan stap. Daar waar jou kinders nog met hul fietse in die strate kan ry. Hierdie buurt gaan nou gebuk onder waterpype wat op elke hoek bars. Waar gaan Carters Glen se inwoners nou stap sonder om hul tekkies nat te maak in die water wat die strate vol loop?

Quintin Kannemeyer, Kimberley-inwoner, sê sy waterrekening het skielik die hoogte ingeskiet na die water so onophoudelik begin lek het. “Dis ’n frustrasie. Die munisipaliteit het al die pype kom herstel, maar na ’n week of so dan bars die pyp maar net weer.”

Een straat in Kimberley het ses waterlekkasies en al ses hierdie waterlekkasies kan in Carters Glen gevind word.  “Ek is nie seker of dit drinkwater en of dit rioolwater is nie, want daar is darem ’n vreeslike klank wat in die lug hang,” sê Kannemeyer.

Op die hoek van Rhodeslaan en Tafelbergstraat
Die NG-Kerk in Carters Glen regoor Tafelbergstraat.
Die waterlekkasie in Tafelbergstraat.
Op die hoek van Rhodeslaan en Sinovichlaan.
By die stopstraat in Pickeringlaan.
Op die hoek van Michaelstraat en Howie-weg.