August 4, 2021

Waterlek: vier ongelukke in twee weke

KIMBERLEY – Slaggate wat by die dag groter word, waterpype wat by die dag bars, strate in Kimberley wat daagliks meer onrybaar word – Kimberliete se geduld raak op.

Op die hoek van Ellen Carter en Schreinerstraat is daar ’n waterpyp wat gedurig lek en die straat vol water loop. ’n Plaaslike besigheidseienaar van die Hadison Park-sentrum sê sy is raadop. “Die munisipaliteit het al die pyp kom herstel, maar die pyp het onlangs weer gebars. Daar is permanent water in die straat en die motoriste se motors kry skade. Die motors se bande gly op die nat pad en dit veroorsaak ongelukke. Soos wat daar vandag gebeur het. Daar was al vier ongelukke op die straathoek in die laaste twee weke.”

Daar is navraag by die munisipaliteit gedoen oor wanneer die pyp en ook die straat herstel gaan word.

Daar was vanmiddag omstreeks 12:05 weer ’n ongeluk op hierdie hoek in Hadison Park.

Die motor wat vandag op hierdie straathoek in die slag gebly het.
Verdere skade wat aan die motor gerig is.
Die water wat in die straat afloop maak dat motors se bande op die nat pad gly.
Waar die water begin uitborrel en in die straat afloop.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *