SANDTON – Grayston-voorbereidingskool in Gauteng is vir die dag gesluit oor kommer dat ’n onderwyser kontak gehad het met tien mense wat onlangs uit Italië teruggekeer het.
Volgens ’n berig deur News24 het drie van tien mense positief vir die koronavirus getoets.
Die Grayston-onderwyser is glo in selfisolasie. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het ’n toets van die onderwyser aangevra.
Steve Mabona, woordvoerder van die onderwysdepartement in Gauteng, sê die departement is vandag oor die skool se sluiting ingelig. Hy het bygevoeg amptenare gaan die skool besoek om verdere inligting te bekom.



