KWAZULU-NATAL – Nomagugu Simelane-Zulu, LUR van gesondheid in die provinsie, verwelkom die dissiplinêre vervolging van ’n laboratoriumwerker wat ’n fop-stemboodskap oor die coronavirus (COVID-19) uitgestuur het.
Simelane-Zulu is gekant teen die verspreiding van vals of misleidende inligting oor COVID-19.
Sy sê die boodskap wat wyd op WhatsApp en ander sosialemedia platforms gedeel is, impliseer ’n vals scenario van paniek weens die aantal pasiënte met die virus by die Prince Mshiyeni-hospitaal .
Die stem is sedertdien teruggespoor na ’n werknemer van die NHLS, wat nou dissiplinêre stappe in die gesig staar.



