Geen tuiswerk by Laerskool Rustenburg

Deel hierdie storie / Share this story

RUSTENBURG – ’n Nuwe beleid by Laerskool Rustenburg doen weg met huiswerk vir leerders.

Volgens ’n persverklaring wat op sosiale media gedeel is, het die skool verskeie redes vir die instelling van die beleid gegee. 

Huiswerk is oor die volgende redes afgeskaf:

  • Leerders kan nie bedags sewe ure konsentreer en dan weer in die middae oorlaai word met formele huiswerk nie. Ons veg ook hiermee vir meer kwaliteit gesinstyd – vandaar die saam lees as gesin.
  • Kinders kry nie meer tyd om te speel nie. Dit is onbillik om na ‘n dag van intense konsentrasie by die skool, tuis te kom en nog tyd aan huiswerk te moet afstaan.
  • Huiswerk veroorsaak ouer-kind-konflik en tydens klastyd gaan waardevolle lestyd verlore as gevolg van konfrontasie tussen kind en onderwyser oor huiswerk wat nie gedoen is nie. Alle kinders se huiswerkomstandighede verskil.