Laaste byeenkoms as koninklikes vir Harry en Meghan

Deel hierdie storie / Share this story

INTERNASIONAAL – Harry en Meghan gaan hulle laaste openbare verskyning maak voordat hulle uittree.

Die paartjie gaan hulle finale openbare verskyning as werkende lede van die koninklike familie by die Commonwealth Day Service maak.

Volgens die BBC gaan Prins Harry en Meghan Maandagmiddag by die koningin en ander koninklikes by die Westminster Abbey aansluit.

Die egpaar het ’n reeks openbare verskynings in die Verenigde Koninkryk gemaak. Vanaf 31 Maart kan hulle nie meer hulle koninklike titels gebruik of openbare geld ontvang nie.